WWW.MAXDOORS.RU

Stefan Blom Die waarheid oor verhoudings


Is jy ooit geleer dat jy die verhoudings met die mense in jou lewe kan láát werk? Die meeste van ons is deur ons ouers en leermeesters gelos om maar self op die “probeer-en-tref”-manier ons weg oor die slaggate te vind. 'Die waarheid oor verhoudings' is ’n praktiese gids wat jou waardevolle vaardighede sal leer om jou verhoudings met jou lewens-maat, familie, kollegas en vriende te verbeter en vernuwe. Die kliniese sielkundige Stefan Blom deel wenke wat hy in sy 20 jaar as verhoudings-terapeut versamel het. Deur talle gevalle-studies wys hy jou hoe jy in voeling met jouself en nader aan ander kan kom. Leer hoe jy gesonde verhoudings kan aanknoop, toksiese verhoudings kan vermy, en liefde, vertroue, seksuele vervulling en intimiteit deel van jou lewe kan maak. Dit is ’n kopskoonmaak-gids tot alles wat van ons mens maak.

1206.45 RUR

/ / похожие

Подробнее

Izak de Vries Byna liefde


Kortverhale op die snykant van die liefde, dit is Izak de Vries se jongste bundel. Kitsliefde oor die internet, ongebreidelde begeerte, oop verhoudings . . . bevredig dit die mens se soeke na die liefde? Begeerte, wys hy, bly lewend deur die onvervulbaarheid daarvan. Die liefde bly daarom, soos skryfwerk oor die liefde, altyd net dit: byna liefde.

1206.45 RUR

/ / похожие

Подробнее

Karin Eloff Stiletto


Karin Eloff is 'n boeremeisie met 'n honneursgraad in sielkunde en 'n Dopper-agtergrond. STILETTO vertel die ware verhaal van die pad wat dié kuis en voorbeeldige skooldogter gestap het om uiteindelik Zoë te word – eers as gewone stripper, toe as danseres en masseuse in die Streelkasteel en uiteindelik redakteur van 'n pornografiese tydskrif. Haar pad lê besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms. STILETTO vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het. Dit raak pertinente kwelvrae oor ons samelewing aan – oor mans, oor vroue, oor seks, oor liefde en oor wie die delers en die stelers is. STILETTO draai nie doekies om oor die skadubestaan van die sekswerker nie.

1135.48 RUR

/ / похожие

Подробнее

Stefan Zweig Stefan Zweig: Die Welt von Gestern

Jan van Elfen Wat Meisies moet weet


Suid Afrika se bekendste en mees gesaghebbende gids vir tieners is opgedateer vir die nuwe generasie. Dit verskaf al die vrae wat tieners te skaam is om te vra.Tieners sal maklike verstaanbare en verantwoordelike advies kry oor:• seks• verhoudings• seksueel oordraagbare siekties• dwelms• pornografie• swangerskap• VIGS

637.76 RUR

/ / похожие

Подробнее

Jan van Elfen Wat Seuns moet weet


Suid Afrika se bekendste en mees gesaghebbende gids vir tieners is opgedateer vir die nuwe generasie. Dit verskaf al die vrae wat tieners te skaam is om te vra.Tieners sal maklike verstaanbare en verantwoordelike advies kry oor:• seks• verhoudings• seksueel oordraagbare siekties• dwelms• pornografie• swangerskap• VIGS

637.76 RUR

/ / похожие

Подробнее

Leon van Nierop Ratels


Ratels is ’n somerskool op ’n wildsplaas waar ’n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur. Lekker lewendige relevante jongmens-denke en -taal. Dit is gebaseer op die super-gewilde reeks op RSG met die dieselfde naam, met baie humor, drama en interessante verwikkelinge.

708.62 RUR

/ / похожие

Подробнее

Daniël Johannes Louw Liefde is vir altyd


Verloofdes wat gaan trou, kan dit in hul wittebroodtasse pak. Mense wat ’n permanente verbintenis aan mekaar gesweer het en opreg bedoel om toegewy aan mekaar te lewe, kan die boek gebruik om mekaar se lewens te verryk. Selfs ná veertig of vyftig getroude jare kan ’n mens met so ’n boek weer die liefdesvlam hoog blaas en opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die bou van verhoudings. Miskien voel jy soms onseker oor jouself en jy wonder of jou verhouding ooit gaan uitwerk. Dalk het jy indringende vrae oor seks en seksualiteit of selfs oor die aard van die liefde. Jy is dalk skepties oor jou maat se motiewe . . . Die Bybel wil mense se lewens verryk anderkant die begrensings van menslike potensiaal en kultuur. Die huwelik is ’n kuns van liefde en ’n guns van Gods genade. Wie ons in Christus is, en hoe ons dit aanwend om tot volwassenheid te groei en die lewe mooi en heel te maak, te bemagtig en te verryk – dít is wat liefde vir altyd laat voortleef.

779.49 RUR

/ / похожие

Подробнее

Hendrik J. Botha Atropos


Soos die draad van die menslike lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos, só verloop hierdie debuutdigbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor die mediese professie tot by die punt waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. Die wêreld van die geneeskunde word ryklik ontgin met gedigte wat strek van die toediening van narkose tot orgaanoorplantings. By uitnemendheid is die gedigte in Atropos noukeurige waarnemings van die natuurlike en die menslike kondisie. Hierdie is die gedigte van 'n fyn stilis, gekenmerk deur die vernuftige interaksie tussen betekenis en klank. “Daar is geen twyfel oor die hoë standaard van hierdie bundel nie; 'n ware vonds vir die Afrikaanse digkuns.” – Henning Snyman

779.49 RUR

/ / похожие

Подробнее

Klaas Steytler Ons oorlog


Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor ’n ruk sal net ’n swart tapyt agterbly.
Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel ’n psalm.
“Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm.”
Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar meelopers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor “oorloë” wat op ’n oorlog volg – die onopgeloste konflikte ná die sluiting van vrede.
Met deurstraalde eenvoud word ’n ontroerende tafereel van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog geskilder. Klaas Steytler se familieroman gaan oor ontberinge en byna ondraaglike smart, maar ook oor ’n soeke om die verlede te begryp, oor die invloed van vorige geslagte op nasate, en oor uiteindelike versoening.

1064.51 RUR

/ / похожие

Подробнее

Susanna S.J. Wiese Engele by ons


Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswêreld? Engele by ons is ’n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele sê. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

779.49 RUR

/ / похожие

Подробнее

Stefan Zweig Die Frau und die Landschaft

D.J. Opperman Negester oor Ninevé


Negester oor Ninevé (1947) is die bevestiging van Opperman se digterskap en bring ʼn verdere ontwikkeling ná die debuutbundel deurdat die basiese drie “motiewe” nouer verbind en die afsonderlike verse in ʼn groter mate by ʼn omvattende konsepsie ingeskakel word. – J C Kannemeyer

708.62 RUR

/ / похожие

Подробнее

D.J. Opperman Engel uit die klip


Alhoewel reeds vroeër as motief aanwesig, vind die besinning oor die kunstenaarstaak besondere gestalte in die bundel Engel uit die klip (1950), ʼn titel waarmee hy andermaal die spanning tussen die goddelike en aardse aandui, nou met die aksent op die verlossingsmotief. Nie alle gedigte handel egter oor die kunstenaarstaak nie. – J C Kannemeyer

708.62 RUR

/ / похожие

Подробнее

André le Roux Kan ek maar aan jou selluliet vat?


Bekroonde en geliefde skrywer André le Roux keer 45 mites oor die liefde op hul kop. Hier is die Kook & Geniet van intieme verhoudings – slegs vir volwassenes. Wat is dit met mans en vroue? Hoekom sukkel ons so? Hoekom is ons so gelukkig? So óngelukkig? Hoekom eet ons so? Worrie ons so? Hoekom lag ons so? Huil ons so? Hoekom kyk ons so sepies? Hoekom stry ons so? Hoekom so baie seks? Hoekom so mín seks? Hoekom trou ons so? Skei ons so? En wat moet jy jou kind leer om verhoudings beter te hanteer? Wat is die vier grootste bedreigings vir die huwelik? Die antwoord lê in gesonde verstand en drie dinge… en hel, dis só opwindend!

1135.48 RUR

/ / похожие

Подробнее

Etienne van Heerden Klassiek reeks: Toorberg


In die wilde nagte of bedags as die son bloed uit ’n klip wil trek en ’n mens se gedagtes koorsig maal – dan loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, lewe en dood deurmekaar op Toorberg, erfgrond van die Moolmans.
Hiermee moet die magistraat rekening hou wanneer hy die dood kom ondersoek van klein Noag, ’n kind van die weemoed, wat nie heeltemal van dié aarde was nie. En daagliks kring die saak uit, verdiep dit totdat dit selfs die wese van die regspraak uitdaag. Daar word van die magistraat verwag om oor ’n hele stam te oordeel, oor die lewendes en die dodes. Hy moet elkeen se skuld bepaal en daarom almal se “sondes oopkrap”.
Maar die Moolmans is ’n familie wat “van die oerdae vir hul eie sondes leer sorg het”. Ouers sny kinders uit hul lewens, stoot hulle opsy as Stief-Moolmans-“weggooivelle” in die Stiefveld, of stedelinge wie se name nie meer oor hulle lippe kom nie. Die Moolmans vergewe nie. Nie as hul stambloed verraai word nie.

1206.45 RUR

/ / похожие

Подробнее

Anchien Troskie Nooit is 'n lang, lang tyd


Uiteindelik, ‘n nuwe boek deur die skrywer van Dis ek, Anna, nou onder haar eie naam! Dis ‘n lekker-leesroman oor drie vriendinne wat saam gaan vakansie hou langs die see. Net om agter te kom elkeen van hulle bewaar al jare lank ‘n geheim wat die ander nie dúrf weet nie. Dis ‘n meesleurende roman – oor die liefde, oor leuens, geheime, kinders, kilojoules en mans. En bowenal, oor vriendskap.

1277.41 RUR

/ / похожие

Подробнее

Stefan Zweig Stefan Zweig: Die Welt von Gestern, Brasilien, Reise nach Rußland & Reisen in Europa

Christine le Roux Die groen maan


In Die groen maan gaan dit oor die probleem waarvoor so baie mense te staan kom: of hulle met hul hart of hul kop moet besluit oor die liefde.

356.19 RUR

/ / похожие

Подробнее

Charl-Pierre Naudé Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey


Op ’n dag in die vroeë sewentigs merk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net braak grond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een keer gelewe het, oor die jong man wat so skaam was dat hy nie op foto’s kon vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het.

1277.41 RUR

/ / похожие

Подробнее
www.maxdoors.ru — Каталог цен и описаний на компьютерную и бытовую технику, товары для офис и дома, электронику, товаров для сада и дачи. Мы занимаемся поиском лучших цен в интернет магазинах по всей России, знаем где купить Stefan Blom Die waarheid oor verhoudings по оптимальной цене в онлайн-магазинах. На нашем сайте www.maxdoors.ru предоставлена вся необходимая информация для правильной покупки Stefan Blom Die waarheid oor verhoudings — фотографии товаров, отзывы пользователей, поиск по модели и производителю, наименованию или модели, инструкции по эксплуатации, а так же экспертные обзоры, сайты предлагающие покупу онлайн с доставкой заказа в ваш город.